ER24 is trots daarop om vanjaar die ontvanger van die leserskeuse-platinumprys vir die beste nooddiens te wees. Baie dankie aan die lesers van Beeld wat vir ons gestem het.

WEN MET ER24

Staan 'n kans om 'n ER24 geskenk pakkie ter waarde van R5 000 te wen.

  • ER24 koelsak
  • Noodbystand lig
  • ER24 voertuig noodhulpkissie
  • ER24 anti-diefstal rugsak
  • ER24 kombers
  • ER24 piekniek mandjie
  • ER24 bluetooth oorfone
  • Thule rugsak

ER24 is trots daarop om aangewys te word as Beeld-lesers se gunsteling mediese nooddiens.

ER24 is die voorste private mediese nooddiensverskaffer in Suid-Afrika. Ons beskik oor 59 takke regoor die land.

Sedert die jaar 2000 bied ons voorhospitale- en noodgevalsorg wat publieke hospitale sowel as privaathospitale ondersteun.

Ons beskik oor meer as 700 noodpersoneel, meer as 300 noodvoertuie en drie noodkontaksentrums. Ons ontvang meer as 50 000 noodoproepe per maand en is 24-uur per dag beskibaar. Ons is kundiges in ons gebied en bied mediese nooddiensoplossings van topgehalte wat die beste by jou behoeftes pas.

ER24 se geïntegreerde diensaanbod – wat lugmediese dienste en ontruimings, mediese saakbestuur, internasionale pasiëntbestuur, verwysings na hospitale, mediese repatriëring, begeleiding van minderjariges, en repatriasie van sterflike oorskot insluit – posisioneer ER24 as die algehele mediese dienste oplossing op die Afrika-kontinent.

ER24 het ook sy sakemodel aangepas om te help om aan die COVID-19-protokolle te voldoen, soos deur die regering uiteengesit, en saam te werk met die sakesektor om hul personeel en kliënte veilig te hou. Van ons COVID-19 dienste sluit in: konsultasie dienste, op-die-toneel siftingstoets, voorsiening van persoonlike beskermende toerusting, toegang tot COVID-19-inligtingsportaal, 24-uur-ondersteuningslyn vir pandemie, en perseel- en
vlootontsmetting.

“Dankie aan die lesers en die gemeenskap wat ER24 getrou ondersteun. Om erken te word as Beeld-lesers se beste mediese nooddiens verskaffer is voorwaar ’n eer. Ons streef daarna om die mees betroubare en gekose mediese nooddiens te wees. Dankie ook aan die hele ER24-span wat hierdie erkenning moontlik gemaak het. Die toekenning is ’n bewys dat ER24 waarlik leiers in nood mediese sorg is, ’ sê Camille Mestry, ER24-Bemarkingsbestuurder.

NEEM SO DEEL EN WEN

  • Die Beeld Leserskeuse 2021 kompetisie is oop vanaf 26 Mei 2021 tot 2 Junie 2021. Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie.
  • Om deel te neem moet 'n deelnemer die volgende stappe neem:
    • Volg ER24 op Instagram (https://www.instagram.com/er24ems)
          
    • "Like" en deel die kompetisie in jou Instagram storie
    • Noem @er24ems en gebruik die hutsteken #RealHelpRealFast in jou Instagram storie
  • Jy mag soveel keer as wat jy wil deelneem